Lekkerlag, sê Johann Broodryk, ‘n filosofiese berader, is die oplossing om die alledaagse stressvlakke te verlaag en meer genot uit die lewe te put.
Johann het voorheen by kunstefeeste soos die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Aardklop Nasionale Kunstefees, Innibos Nasionale Kunstefees en die Volksblad Nasionale Kunstefees praatjies en aanbiedings oor die Ubuntu (medemenslikheid) manier van lewe aangenbied, en reeds agt boeke oor die onderwerp gepubliseer.
In hierdie boek word ware onware stories vertel van insidente wat die skrywer self beleef het of van gehoor het. Die boek bevat temas soos lawwe potjiekosmaak, skreeusnaakse boererate, gruwelike mensopvreetslange, pratende maagwurms, koponderstebobanggeit, ‘n Generaal wat seremoniemeester word, wulpse Willemien se prettighede, grootmarakkas in ‘n Soweto sjebien, die grootgeldmaakgogga, oepsies in Roendoe, Terrie die troepe se lieflingsleeu, dokter Marogo se wel en wee, opening van Hiergatjy se dam, Mapog se draadspanbesoeker, die plesierige Albertus, broer Jacob wat hemel toe gaan, afkopspook wat sweef op Bronkies, slag van Brandewynrivier, papsopnat op Dwarskersbosstrand, jagtyd in Apiesland, onnies van Oudorp, die lekkerlagman en koddige koerantadvertensies. Die boek word aan die komediant Al Debbo opgedra.
Hierdie stories kan na hartelus om die braaivleis, potjiekos, kaggelvuur, viswaters of om die kampvuur oorvertel word en na smaak aangedik word.