Voordat Jesus opgevaar het na die hemel het Hy belowe om ’n Helper te stuur – die Heilige Gees. Maar die ideaal wat Jesus gestel het en hoe die werklikheid vandag lyk, kom nie ooreen nie. Die rede: Die Heilige Gees word nie toegelaat om sy rol in gelowiges se lewe te speel soos God dit bedoel het nie.
Kan dit wees omdat hedendaagse Christene nie werklik verstaan wat heiligmaking beteken nie? In DIE HEILIGE GEES IN ONS bespreek Tienie Prinsloo enkele sake wat hiermee verband hou:
- Wat is heiligmaking?
- Hoe kan ’n mens dit kry?
- Watter plekke beklee die gawes van die Gees in die Geesvervulde lewe?
- Is dit moontlik dat ’n Christen nie met die Gees vervul is nie?
- Is die doop met die Heilige Gees sinoniem met die vervulling met die Heilige Gees?
- Is die spreek van tale die bewys van vervulling met die Heilige Gees?
DIE HEILIGE GEES IN ONS sal lesers lei om nuut te dink oor die Heilige Gees se teenwoordigheid in ons lewens en hulle laat besef hoe hulle ’n lewe van oorvloed kan beleef.