We love eBooks

    Eenoogkoning (Afrikaans Edition)

    Por Malene Breytenbach

    Sobre

    Die aangrypende verhaal van ’n Kaapse vrou, Salome Binnemans, verfynde dogter van ’n parlementslid, wat meer as een liefde en vier oorloë beleef: die Boereoorlog, die oorlog in Duits-Suidwes-Afrika, die Eerste en Tweede Wêreldoorloë. Sy trou met ’n adellike Pruis, kaptein in die koloniale troepe van Duits-Suidwes-Afrika. Dié man met sy duistere kant bou ’n kasteel in die wildernis anderkant Lüderitz, waar Salome verlies, verraad, ou geheime en moeilike keuses leer ken. ’n Tyd lank domineer dié eenoogkoning haar lewe, maar sy is ’n vrou met ruggraat wat terugveg. ’n Verhaal vol verrassende wendings.
    Die skrywer is ’n oud-Zimbabwiër en oud-Pretorianer wat tans in Stellenbosch woon en voltyds skryf. Sy het meer as 30 romanses (kontemporêr, histories en medies) geskryf. Eenoogkoning is haar vierde roman ná Gister is ’n ver land, Pluimprinse en Bloedgrond.
    Sy het ook al verskeie tydskrifverhale en koerantartikels geskryf, skryf gereeld resensies vir tydskrifte en koerante, en haar verhaal Polvye is opgeneem in die kortverhaalbundel Bloots, wat pas by Tafelberg Uitgewers verskyn het.
    Eenoogkoning was een van die tien finaliste in LAPA se 2011-romankompetisie.
    Baixar eBook Link atualizado em 2017
    Talvez você seja redirecionado para outro site

    eBooks por Malene Breytenbach

    Página do autor

    Relacionados com esse eBook

    Navegar por coleções eBooks similares