Toe Cory Stone ontdek dat die pa wat hy nooit geken het nie, dodelik siek is, laat kom hy die omgesukkelde ou man saam met sy voltydse verpleegster na sy Montana-ranch toe. En weer eens val Cory vir die verkeerde vrou – ’n stadsmeisie net soos sy eksverloofde wat sy hart gebreek het. Maar in Eloise LeBlanc vind Cory ook ’n geesgenoot. Die sorgsame mooi vrou het persoonlike ondervinding van liefde en verlies.
Nie een van hulle is op soek na ’n nuwe romanse nie, en Cory wil niks weet van liefde nie. Maar kan die onafhanklike stadsnooi die hart van ’n gebroke cowboy heel . . .?
Nie een van hulle is op soek na ’n nuwe romanse nie, en Cory wil niks weet van liefde nie. Maar kan die onafhanklike stadsnooi die hart van ’n gebroke cowboy heel . . .?