Die aand het soos ‘n droom ontvou. Die restaurant het die beloftes op sy webtuiste van ‘n wonderlik intieme atmosfeer nagekom. Die hors d’oeuvre was heerlik, die salm uitsonderlik en die Chardonnay net koud genoeg. ‘n Volmaakte tiramisù, ‘n klein espresso en ‘n glas port het die maal genoeglik afgesluit.
Nou, terug by die huis, het die man sy vrou se hand geneem en op die rusbank voor die groot kaggel gaan sit. Toe hy oorleun en haar nadertrek, het sy met ‘n verleidelike glimlag toegegee. Sy lippe het hare gevind, die musiek het sagter geword, die mure van die vertrek het verdwyn en vuurwerke het die lug verhelder.
So begin Die Handboek, ‘n boek van lewe, verbeelding en rigting. In hierdie drieledige vertelling dek die skrywer die verlede, die hede en die toekoms, die werklike en die onwerklike, die sigbare en die bonatuurlike. Die kombinasie van biografiese besonderhede, fiksie en teologiese avontuur sorg vir ‘n kragtige uitbeelding van ‘n Goddelikheid wie se beeld sleg geskaad is deur eeue van godsdienstige, wettiese wanopvatting.
‘n Wyse engel genaamd “Versender” sal jou, die leser, deur beginsels begelei wat, as hulle toegepas word, die sleutel tot ‘n gelukkige, doelgerigte en bevredigende lewe sal wees.
Geniet jou reis.