We love eBooks

    Die nuttige BRUILOFSBOEK vir Suid-Afrika (Afrikaans Edition)

    Por Pam Black

    Sobre

    Daar is boeke oor trou – en dan is daar:

    Die nuttige BRUILOFSBOEK vir Suid-Afrika.


    Die eerste bruilofsbeplanningsboek geskryf uitsluitlik vir hierdie land. Gevul met 'n rykdom praktiese, plat op die aarde inligting, advies en waardevolle wenke. En dit deur iemand wat reeds vir twintig jaar betrokke is by die plaaslike bruilofsbedryf. Dit is die trou-gids waarvoor Suid-Afrikaanse bruidspare gewag het!

    Pam, 'n gevestigde skrywer van verskeie suksesvolle titels, het reeds talle artikels geskryf oor elke moontlike aspek van bruilofsbeplanning vir 'n wye verskeidenheid van media (insluitend baie bruidstydskrifte) asook vir haar webtuiste www.pamblackweddings.com (voorheen bekend as www.celebrationhouse.co. za) wat 'n naaswenner was in die aanlyn-kategorie van SA Toerisme se 2009 Welkom Toekennings.

    Dit is ook die eerste boek wat inligting bevat oor die fassinerende verskeidenheid huwelikseremonies en -tradisies van die grootste kulture in ons diverse land.

    Hierdie gids sal jou help om:

    •Die beplanning en begroting vir jul troue stresloos te laat verloop

    •Meer te wete te kom oor die belangrike wetlike aspekte van die huwelik

    •Slaggate te vermy met die keuse van jou lokaal en diensverskaffers

    •Antwoorde te vind op al die vrae wat dikwels gevra word.

    Die noodsaaklike gids vir die beplanning van jul troue.

    Ondersteun skrywers wat self uitgee – Koop die boek!
    Baixar eBook Link atualizado em 2017
    Talvez você seja redirecionado para outro site

    Relacionados com esse eBook

    Navegar por coleções