Verlief, maar te verskillend . . . Dokter Mitzi Sanchez is ’n ortopediese chirurg met die wêreld aan haar voete. Sy het alles wat mens kan verlang. Haar lewe is volmaak. Nou soek sy net die volmaakte trouman.
Sy maak kennis met die aantreklike Keenan McGregor, wat in die tronk was vir ’n moord wat hy nie gepleeg het nie. Vonke spat tussen hulle. Hulle vind mekaar onweerstaanbaar. Maar Keenan is nie die soort man met wie Mitzi wil trou nie. En hy vermy ’n verhouding met haar, omdat hy ’n kerkmuis is wat haar niks kan bied nie.
Nogtans is Keenan en Mitzi meer as vriende. Hulle verhouding groei onstuitbaar. Maar hulle verskille is ’n kloof tussen hulle. Kan hulle dit oorbrug en geluk vind?