We love eBooks

    Gelyke kans (Afrikaans Edition)

    Por Santie van der Merwe

    Sobre

    Jessica se kinders is uit die huis en sonder waarskuwing is egskeiding ’n werklikheid in die soort huwelik waarin niemand dit sou verwag nie, die minste van almal Jessica. En tot ’n mate haar man. Want dit het net gebeur, volgens hom, hy het nie daarvoor gesoek nie. Haar man se kollega, ja: bitter jonk, bitter mooi en bitter haastig.
    Wat daarna gebeur terwyl Jessica haar wonde gaan lek, is eweneens nie iets waarvoor sy gaan soek het nie ... En jare gelede het Jessica en haar man mekaar belowe as so iets ooit gebeur, sal hulle mekaar ’n gelyke kans met die teenstander gee.
    Maar hier is lank nie meer net twee mense se gevoelens ter sprake nie en wie ook al watse besluite neem, gaan verskeie mense se lewe raak. As hierdie tydperk in Jessica se lewe haar nie breek nie – en dit is hoe dit nou voel – gaan dit haar maak en sy gaan met meer wysheid en krag anderkant uitkom.

    Santie van der Merwe publiseer verskeie tydskrifverhale en verower die tweede prys in die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se jaarlikse skryfwedstryd vir haar kortverhaal, ’n Dag in Junie.
    “Min dinge is lekkerder as om ’n manuskrip van ’n ongepubliseerde skrywer te kry en te weet hier is ’n skrywer van die toekoms. Ek kan al die boeke sien opstapel.” – Chanette Paul oor Santie van der Merwe
    Baixar eBook Link atualizado em 2017
    Talvez você seja redirecionado para outro site

    Definido como

    Listados nas coleções

    Relacionados com esse eBook

    Navegar por coleções eBooks similares