Pieter Spaarwater was die skrywer van die rubriek Van Alle Kante in die Kaapse dagblad Die Burger in die dae toe ’n rubriek nog ’n rubriek was, geskryf deur een persoon wat sy stempel daarop afgedruk het, ’n “persoonlikheid” met wie lesers kon identifiseer. Gehaat of gelief, hulle het dit gelees om kwaad te word of om saam te stem. Soos ’n rubriek behoort te wees.
Sy “leitmotif” is saamgevat in ’n stuk wat die befaamde Malcolm Muggeridge in sy Britse koerant uitgespoeg het ná die geboorte van die Rosenkowitz-sesling soveel jare gelede: “That’s not giving birth, that’s casting a litter!”
Dus: “Tell it like it is, and be damned the rest.”
Wat ’n wonderlike vryheid in ’n toonaangewende publikasie!
“Nog nooit het Spaarwater so sekuur na die wêreld om hom, na sy medemens én na sy eie binnewêreld, gekyk as in hierdie versameling nuwe essays nie. Hy stroop sy onderwerpe van opgesmuktheid, en presenteer hulle dan op ’n manier wat jou hulle net so lief en verleë laat aanstaar soos hy.” – Kerneels Breytenbach
"In Gestroop word die leser op uiteenlopende en soms onverwagte paaie geneem, en soms gekonfronteer met verskynsels en gewaarwordinge waaroor gewoonlik skaars gefluister word. Die boek verdien ’n wye leespubliek." – Chris Barnard