Tania erf 'n bankrot vervoermaatskappy op 'n stuk bosveldplaas naby Bela Bela. Haar voorneme is om dit te verkoop, maar stuk vir stuk word die mense op die stuk grond al hoe meer - mense wat sy jammer kry omdat hulle almal al 'n wond of twee in die lewe gekry het. Saam bring hulle die maatskappy weer op die been, maar daarmee saam kom ook liefde in Tania se hart wat nie beantwoord mag word nie en 'n giftige vroumens wat haar listigheid inspan om haar op Tania te wreek.
Gewonde vlerke was by Lapa Uitgewers gepubliseer as Geknakte vlerke en was in 2002 op die kortlys van Lapa se liefdesromantoekenning.