Sarel de Wet is 'n mielieboer in die Noord-Vrystaat. Sy swaer is betrokke by 'n aksiegroep wat hulle beywer vir die vestiging van plaasgemeenskappe,om Afrikaner kultuurbelange te handhaaf en uit te brei. Sarel, wie se plaas deur droogte geknou word, stel 'n deel van sy grond beskikbaar vir die bou van 'n buurtskap waar 'n aantal families hulle kom vestig. Dit is die begin van 'n drama in Sarel se lewe wat hy nie voorsien het nie. Hy, sy vrou Marie en hul gestremde seun Stefaans, belewe hierdie vestiging as indringing op hulle privaatheid, elkeen op sy eie manier. Die plaaswerkers beleef dit as 'n bedreiging en die plaaslike boeregemeenskap is wantrouig oor hierdie verwikkelinge. Uiteindelik gebeur die onvermydelike. Rassespanning lei tot 'n skietvoorval waarby een van die plaaswerkers se kind gedood word, werkers neem wraak, die plaasvoorman word vermoor, huise word aan die brand gesteek en die toekoms van die buurtskap is op die spel. Sarel word, op grond van 'n kontraktuele verpligting van sy plaas gedwing. Die verhaal gaan oor menseverhoudings en simboliseer die eindpunt van tradisionele Afrikaner beskouinge en die beginpunt van 'n ander leefwyse waarop 'n nuwe toekoms gebou word.
Indringer (Afrikaans Edition)
Sobre
Talvez você seja redirecionado para outro site