Inge se brief was as Liefdestrik vir Inge by Lapa uitgewers gepubliseer en was in 2001 ’n finalis vir die Lapa liefdesromantoekenning vir 2000.
Na die verbreking van haar verlowing, gaan Inge Kaapstad toe om vir ’n ruk lank haar suster-hulle se dakwoonstel op te pas tydens hulle afwesigheid. In hulle posbus ontdek sy ’n brief wat aan ene Vlindertjie gerig is. Dit kom van ene Oupie wat duidelik ’n geselsmaat soek. Ooglopend het die brief in die verkeerde posbus beland, maar Inge se jammerhart maak dat sy daarop reageer, en sy trap voltreffer in die liefdestrik wat vir haar gestel is.