We love eBooks
    Baixar Kikkie Anderemanskind – ‘n Lewe (Afrikaans Edition) pdf, epub, eBook

    Kikkie Anderemanskind – ‘n Lewe (Afrikaans Edition)

    Por Chris de Weerdt

    Sobre

    Carel Trichardt – Bekende Akteur

    “Kikkie” was vir my ‘n genot en vreugde om te lees. Dit raak ‘n onderwerp aan waaroor mens maar net in die pers van lees en dan droom om miskien ook eendag so ‘n Antarktika ervaring te kan meemaak. Dit maak alreeds van “Kikkie” ‘n boeiende lees-ervaring.

    Dis egter die storie agter die storie wat by jou bly. Die skrywer se menslikheid, eerlikheid en nederigheid kom telkens na vore. Sy liefde vir Salomé, sy gesin en familie loop soos ‘n helder draad deur sy vertellings.

    Voeg daarby sy toewyding as vakman en deursettingsvermoë om die pad “from pauper to president “te loop - dan besef jy dat jy eintlik in die teenwoordigheid van ‘n Prins is.

    Sy familie kan baie trots wees op hom”.


    Ruda Landman – Aanbieder

    “Ek het Vrydagmiddag oor koffie met die boek gaan sit, en toe sommer dwarsdeur gelees! Wat ‘n verhaal ….. goed geskryf ook, met net genoeg ligtheid en humor om die donkerte te verlig.”


    Mathys Roetz – Musikant

    “ … en wil noem dat avontuur my fasineer en om so te lees van begin tot einde het my laat voel ek is deel van die avontuur. Miskien oor ek altyd droom ….”


    Babs Basson – Befaamde resensent:

    “'n Moeitevolle pad deur donker dieptes, kry nuwe sin wanneer dit oor hoogtes met inspirerende vergesigte lei. So is Chris de Weerdt se lewe. Sy laagtepunte was geen-sins alledaags nie. Maar selfs sy ontnugtering dat hy "anderemanskind" was en vir sy eerste geldjies moes waskamer skrop, kon hom nie weghou van die hoogtes af nie.

    So is hy onder andere ingesluit by die eerste span wetenskaplikes wat Suid-Afrika in 1959 op Antarktika geplaas het. Met sterk kontraste skets hy sy omgewing van herkoms, die vroeg Twintigste-eeuse Nederland, en die gesin se emigrasie na Suid-Afrika in 1938. Vir "Mister Myk-‘n-plên" was om van niks af te begin 'n uitdaging en die uitsonderlike suksesse wat hy behaal het, blote harde werk. Sy lewendige vertelling raak kort-kort 'n hartsnaar van herkenning, veral by lesers wat ook in 'n nuwe land moes oorbegin en 'n nuwe taal en kultuur hul eie moes maak. Sy mededeling is eg en uitsonderlik menslik, met 'n goeie skootjie humor en ongekunstelde eerlikheid. Inderdaad het sy pad van grammadoelas hom deur laagtes van menswees geneem, maar ook by unieke vergesigte en prestasies, avonture en lewensrypheid uitgebring waaroor die meeste avonturiers en lewens-reisigers net kon droom”
    Baixar eBook Link atualizado em 2017
    Talvez você seja redirecionado para outro site

    Relacionados com esse eBook

    Navegar por coleções