We love eBooks

    Kobra

    Por Deon Meyer

    Sobre

    Die laaste ding wat kaptein Bennie Griessel van die Valke nodig het, is moeilikheid. Want hy suip dalk al weer, hy lieg vir sy kollegas en sy AA-borg, en die intrek by Alexa Barnard was ’n fout. ’n Karnallie van ’n fout.

    Maar die gastehuis-bloedbad buite Franschhoek was die werk van ’n professionele laksman – drie slagoffers, drie perfekte kopskote. En dis nie net die onverklaarbare gravering van ’n spoegkobra op die koeëldoppies – en die komende mediasirkus – wat Griessel laat bloed sweet nie.

    Twee van die oorledenes is lenige militêre tipes. Spesmagte. Of Spoke.

    Moeilikheid.

    Heel agter, in die hoofslaapkamer, is tekens van ’n gestoei, en te veel bewyse dat iemand ontvoer is. Bes moontlik ’n buitelander.

    Groter moeilikheid.

    Maar die paspoort is vals, die Britse konsulaat speel spioenasiespeletjies, en dieselfde huurmoordenaar slaan toe by die Kaapse Waterfront. Boonop neem die staat se duistere Sekuriteitsagentskap die ondersoek oor, en die Valke moet ’n vlugtende, baie vaardige Kaapse sakkeroller dringend opspoor om hul eer – en die demokrasie – te red.
    Maksimum moeilikheid.
    Baixar eBook Link atualizado em 2017
    Talvez você seja redirecionado para outro site

    eBooks por Deon Meyer

    Página do autor

    Relacionados com esse eBook

    Navegar por coleções