“Ons het met ’n fanatikus te doen. Iemand wat jou uitspraak ter harte geneem het en volgens sy eie oortuiging en vertolking gaan optree het. Soms, Pastoor kan die bose ook in die kleed van ‘n bekeerde in ‘n kerk beweeg. Daar is mense wat boos op hierdie aarde aankom. Jy kan hom of haar nie verander nie. Dis slegte saad wat net bose vrugte kan voortbring…”
Speurkaptein Ruk Edelingh en sy span kom teen ‘n genadelose reeksmoordenaar te staan. ‘n Moordenaar wat hom geroepe ag om deur sy grusame dade Christene tot aksie aan te spoor. In die web wat hy weef is dit moeilik om te bepaal wie slagoffer of moordenaar is.