In hierdie boek bespreek onderwyser en skrywer, J.F. de Waal, die belangrikste begrippe wat tydens letterkundige studie op skool en universiteit aangeraak word. Die inligting word in 'n reeks oorvleuelende, aanvullende artikels aangebied, sinvol uiteengesit sodat begrippe afsonderlik belig word sonder om van die skakels tussen begrippe te ontsien.
'n Liefde vir skryf impliseer hier nie slegs 'n liefde vir en belangstelling in die skryfproses nie maar ook in die geskrifte wat daardeur geproduseer word. Dit is dan die hoop van die skrywer dat lesers iets meer hieruit sal neem as bloot 'n aanbieding van letterkundige begrippe en verskynsels, maar dat die inhoud van hierdie boek ook die leesproses meer interessant en lonend mag maak.
(Nuutste hersiening en/of toevoeging: 04.05.2015)