n Begaafde jong atleet word ernstig beseer en hy moet die lewenswiel van voor af klim. In die hospitaal ontmoet hy 'n skoolliefde van vroeër dae en voor lank begin sy 'n belangrike rol in sy lewe speel. Maar hy het tyd nodig om sy hart te ontleed. Dit is in die suising van die wind en die natuur om hom terwyl hy hardloop dat hy weer helder kan dink. Om die Comrades te voltooi word een van sy groot doelwitte. Die blonde suster met die blou oë word deel van sy gedagtes maar daar daag ook iemand nuut op wat sy lewe in 'n ander rigting stuur. Dinge gebeur wat die lewenswiel weer laat balanseer, maar dit maak nie die keuse waarvoor hy staan makliker nie...
‘n Liefdeskelkie op die Comrades (Afrikaans Edition)
Sobre
Talvez você seja redirecionado para outro site