NOODPLAN is nog een van ANNICO VAN VUUREN se hoogspannings-wiewassits wat leunstoelspeurders gaan boei en prikkel – met ‘n diep menslike aanslag: geskep deur die oortuigende verhoudings en teer betrokkenheid tussen die karakters.
Dis ook die makabere verhaal van kindermoord, wat diep aan die menswees sny. Skooldogters wat met werpspiese gedood word... Kinders vol wroeging omdat hulle nie kon keer nie…
Daar is Alet en haar seun Jans, deur haar man en sy pa baie jare gelede reeds in die steek gelaat: met sy tweelingsussie die eerste slagoffer, is hulle lewe vol onsekerheid vir die dag wat kom: Sal Les Ras, nie net die moorde kan oplos nie, maar weer vir hulle bestendigheid kan bewerkstellig ook?
As leser sal jy waarlik die retrospeksie van die karakters, in innige romanse verweef, kan geniet. En hopelik sal jy kan raai en ontleed?
Hierdie is ‘n uitdagende lees; met Annico wat nooit met haar gegewe kul nie, maar leidrade laat rondlê vir die leser om op te pik en REG te interpreteer?
NOODPLAN is ‘n MOET vir elke eLeser-versameling.