Verenig deur hulle kind! Pediatriese neurochirurg Vincenzo Lombardi is verstom toe verpleegster Lowri Davies op dramatiese wyse weer in sy lewe opduik, want sedert die passievolle paar dae wat hulle vyf jaar gelede saam deurgebring het, het hy haar nog nie weer gesien nie.
Die nuus dat hy die pa van haar oulike, maar ernstig siek dogtertjie is, is verbysterend – en breek sy hart. Vincenzo het nog altyd gedink hy wil nie ’n gesin hê nie, maar Lowri en Megan wek allerhande nuwe emosies in hom.
Om sy dogtertjie te red, moet hy weer met Lowri liefde maak – maar Vincenzo besef een keer sal hoegenaamd nie genoeg wees nie . . .