So hard soos ys! Ana Duval weet dat die bestuurshoof Bastien Heidecker haar gesin verantwoordelik hou vir die vernietiging van syne. Wanneer hy noodgedwonge tot haar redding kom in ’n opspraakwekkende skandaal, weet sy nie wat is erger nie – sy ysige veroordeling of haar brandende begeerte na sy soene.
Bastien was getuie van sy pa se ondergang weens onbeteuelde begeerte, en hy verag sulke swakheid – dit grief hom dus dat hy Ana, die beeldskone gesig van sy diamantmaatskappy, begeer. Befaamd vir sy kalme beheerstheid, beplan Bastien om die model te verower en haar dan te verwerp. Maar hy is geskok toe hy ontdek dat Ana in elke sin van die woord onskuldig is . . .