Gabriël van der Nest en die palings is verknog aan die palinggat. Wanneer die heerlike vooruitsigte van 'n onbesorgde jongmanslewe daar in die kontrei uiteindelik vir Garrie voorlê, raak hy bewus van skynbaar onvoorsiene gebeure wat sy lewe omkrap.
'n Reeks onverwagte ontwrigtings stuur hom op onbekende paaie, na plekke waar hy die onregverdigheid van die lewe moet trotseer en verwerk. Die lewe word 'n oorlog in hom, maar ook in die lewens van die mense rondom hom - mense soos Oupa Oorlog, Sjert Bek, Jewwas, Lo Jo, Daantjie Dekriet ... en natuurlik ook Madelie!
En met die stadige verloop van jare ondergaan Garrie 'n metamorfose net soos die palings - 'n kringloop wat moes plaasvind.