We love eBooks

    Slim leuens (Afrikaans Edition)

    Por Lien Roux-de Jager

    Sobre

    Die briljante poligrafis Kalli Krynauw is deel van Special Intelligence Services se span. Hulle is op die spoor van ’n reeksmoordenaar wat tot die uiterste gaan om sy slagoffers te skend voor hy hulle om die lewe bring. Kalli het goeie rede om te vermoed die reeksmoordenaar is deel van SIS se ondersoekspan want hy stuur selfs e-posse om hulle in kennis te stel dat hy op die hoogte van elke beweging van SIS is. Maar wie in die span kan dit wees? Daar is ten minste drie moontlikhede.
    En, net so erg, die skisofreen wat ’n obsessie gehad het om Kalli dood te maak, bevind hom glad nie meer permanent in ’n Kaapse inrigting soos sy destyds ingelig is nie. Trouens, hy woon nou in ’n nabygeleë buurt.
    Intussen word dit tyd vir Kalli en haar Brink se troue wat nou al hoe lank uitgestel word. Op wat hulle troudag sou wees, het hulle egter allesbehalwe ’n huwelik om te vier ...

    Slim leuens is die derde in die Kalli Krynauw-reeks, voorafgegaan deur Donker leuens en Gekoopte leuens. Roux-de Jager het verskeie liefdesverhale, kinder- en jeugverhale gepubliseer. Sedert sy spanningsverhale aangepak het, het sy haar nis gevind en is haar romans in dié genre uiters gesogte titels.
    Baixar eBook Link atualizado em 2017
    Talvez você seja redirecionado para outro site

    Relacionados com esse eBook

    Navegar por coleções