We love eBooks

    So glo ons (eBoek): Gelowig nagedink oor God, die Bybel en ons leefwereld

    Por Piet Meiring

    Sobre

    Elke Christen in Suid-Afrika beskou die hedendaagse gebeure, koerantberigte en besprekinge met groot kommer. In ’n tyd waar so baie dinge in die kerk en samelewing nog in die lug hang, vra al hoe meer mense na vastigheid. Hierdie onsekerheid lei tot ’n groter behoefte aan ’n nuwe verfrissende aanbieding van die ou sekerhede van ons geloof.
    SO GLO ONS is nie vir teoloë geskryf nie, maar vir mense soos dié. Mense wat hulle geloof en getuienis ernstig opneem, maar voel dat omstandighede besig is om hulle geloofsbasis te verkrummel.
    In dié boek wend die skrywers ’n daadwerklike poging aan om die probleme waarmee gelowiges worstel vanuit Bybelse motivering te bespreek.
    Kwessies wat onder die loep geneem word, is:
    • Wie is die God wat ons Sondae aanbid? – Ferdie Clasen
    • Vroue in geloofsgemeenskap en samelewing – Yolanda Dreyer
    • Ek glo dat Jesus die enigste Verlosser is – Piet Meiring
    • Christene moet ook besorg wees oor die aarde en nie net oor die hemel nie – Hennie Stander
    • Waar gaan dit alles eindig? Die eindtyd – Fika Janse van Rensburg
    Dit is ’n poging om tot sekerheid van geloofswaarhede te kom; ’n sekerheid wat vas en helder vanuit geloofsoortuiging ontstaan. Ons geloof is nie ’n liggewig-affêre nie. Die kerk is nie van papier gemaak nie. Die evangelie dra die gewig!
    Baixar eBook Link atualizado em 2017
    Talvez você seja redirecionado para outro site

    Relacionados com esse eBook

    Navegar por coleções