Die lewe is soos ’n fiets sonder ’n saal. Soms is jy moeg en seer getrap, maar jy durf nie gaan sit nie! Jy moet aanhou beweeg. So sal jy word wie jy moet wees.
As jy voel jy kan nie meer nie, gee jou situasie vir Jesus. Jy sal nie onmiddellik beter omstandighede hê nie, maar jy sal krag kry om aan te gaan en klaar te maak.
Lukas Korff het ’n ongelooflike reis aangepak: 3 000 km op ’n tandemfiets sonder ’n saal of paal! Sy doel? Om vir almal te wys hy staan vir Jesus. Hy deel sy journey met jou – rou, eerlik en op die man af. Al die “lesse” wat hy gee, kom van dinge wat hy self beleef het. Soos dat niks wat die moeite werd is, maklik kom nie. Jy moet hard teen die opdraande “trap” om iets te bereik. Al het jy seer, moet jy aanhou – jy is amper daar! BOEM!
Lukas Korff is ’n evangelis met 14 wêreldrekords agter sy naam. As skrywer, spreker en entrepreneur reis hy en sy gesin deur Suid-Afrika met die groot doel om jou manier van dink te verander. Hy het ’n passie vir geloof, fiksheid en familie en ook om mense te inspireer! Besoek gerus sy webblad www.wolraadt.com vir meer inligting oor hom en sy rekords.