Tienkie-Tien, Ma se piekanien ... Vandat klein Tien se liggaampie stil geword het en ʼn geel kombersie oor die lewelose gesiggie getrek is, het Anette en Tinus se lewe onherroeplik verander. Gebroke onder die hartverskeurende las, dra elkeen swaar aan skuld, verwyte en die ondraaglike stilte wat deel geword het van hulle lewe en huwelik. Die skrywer ondersoek hierdie tema met deernis en trap sag op die heilige grond van intense verlies en die moeilike pad na heling. Hierdie verhaal is deur Lapa Uitgewers onder die titel: SONSOEKERS gepubliseer waarvoor die skrywer een van die gesogte Ella Spence Medaljes vir Liefdesverhale verower het. Hierdie boek word nou met trots deur Mari van den Berg as e-boek onder die titel: STORMBAAI aangebied.
Stormbaai (Afrikaans Edition)
Sobre
Talvez você seja redirecionado para outro site