Sy kleindorpse liefling
Twintig jaar gelede moes Nicole Baxter die enigste huis wat sy ooit geken het en die seun met wie sy al haar geheime gedeel het, verlaat. Nou is sy terug in Tawnee Valley om haar lewe uit te sorteer en op haar ou vriend, Sam Ward, se skouer te huil.
Die pragtige, elegante vrou wat sy geword het, verskil hemelsbreed van die rabbedoe met vlegsels en nerfaf knieë wat Sam geken het. Hy is nie meer ’n kind wat in gelukkige eindes glo nie. Maar Nikki se terugkeer oortuig hom dat hulle steeds dieselfde droom koester: ’n toekoms saam . . .