We love eBooks

    Thomas@rock-ster.net (Afrikaans Edition)

    Por Carina Diedericks-Hugo

    Sobre

    Thomas se lewe suig harder as ’n stofsuier. Hy is kniediep in die moeilikheid omdat hy ’n leë koeldrankblikkie geskop het en dit per ongeluk die skoolhoof, meneer Volschenk, teen die kop getref het. Nou moet hy mure verf en allerhande goor werk by die skool doen om te keer dat ou Oros-man hom uit die skool skop. En waar hy gewoonlik op sy pelle kan reken, laat hulle hom hierdie keer liederlik in die steek.

    Hannes, Lukas en Thabo begin ’n band – sonder om vir Thomas te sê of om hom in te sluit – en besluit om deel te neem aan die rock-kompetisie wat by Hoërskool Leeukop gehou word.

    Immers het Thomas sy meisie, Alex. Die enigste probleem is dat sy en Hannes skielik heeltemal te veel tyd in mekaar se geselskap spandeer. Wanneer die sepiester Fleur Vermaak weer haar verskyning in Thomas se lewe maak, begin dinge lelik skeef loop. Vir die eerste keer in sy lewe voel dit vir Thomas of nie eens ’n pizza hom weer gaan laat glimlag nie. Intussen lyk dit of Hannes-hulle se band nie die enigste groep is wat die kompetisie wil wen nie. En iemand besluit hy sal enigiets doen om te wen – selfs al beteken dit dat iemand kan seerkry ...

    Thomas@rockster.net is die agste boek in die gewilde Thomas@-reeks waarvan daar altesaam reeds meer as 130 000 kopieë verkoop het.
    Baixar eBook Link atualizado em 2017
    Talvez você seja redirecionado para outro site

    eBooks por Carina Diedericks-Hugo

    Página do autor

    Relacionados com esse eBook

    Navegar por coleções eBooks similares