Vandag dink baie mense om kerk toe te gaan, armes te help en die regte dinge te sê, maak van jou ʼn Christen. NEW YORK TIMES-topverkoper-outeur David Platt waarsku ons in VOLG MY! dat al hierdie “goeie dade” tevergeefs is as ons dit nie sáám met Jesus doen nie. Wat het Jesus bedoel toe Hy gesê het: “Volg My!”?
Om waarlik ’n volgeling van Jesus te wees, beteken om ’n verhouding met Hom te hê en elke dag, daar waar jy is, God se koninkryk uit te bou.
VOLG MY! kyk na die Bybelse beeld van wat dit beteken om ’n Christen te wees, wat ons in hierdie lewe moet opoffer, maar ook die onbeskryflike vreugde en vrede wat daaruit vloei om werklik sáám met Jesus die pad te stap.