Maanlig Lullaby is n verhaal wat handel oor verskillende emosies wat deel is van menswees. Dit gaan oor die lewens van mense wat soms wanhopig is, maar deur ander se hulp weer hoop kry om die lewe vierkantig in die o te kyk en selfs hoop te bring aan ander. Madie is n kunstenaar, maar nadat sy haar man verloor gaan staan die wereld vir haar stil en het sy geen inspirasie om verder te skilder nie. Sy ontmoet vir Louw, n dokter, op n vreemde manier wat net as n bestiering beskryf kan word. Dan is daar Lana en klein Danie wat haar leer van hoop, liefde en aanvaarding. Lana en Tannie Hannie blaas ook bietjie vuur in Madie en dr.Louw se verhouding. Al die karakters kruip diep in n mens se hart wat maak dat mens nie kan ophou lees tot die einde nie.
Maanlig Lullaby (Afrikaans Edition)
Sobre
Talvez você seja redirecionado para outro site